Bookbot

Sorg

'n Roman

Hodnotenie knihy

Viac o knihe

Sorg is 'n historiese roman in die genre van magiese realisme, wat begin by die Skepping. Die Khoi en San lag vir die volstruis, wat die Groot Volstruis se wraak teen die mensdom ontketen. Hy blaas sy giftige asem oor die Oudtshoorn-distrik van die negentiende eeu, wat Hendrik van der Westhuizen, 'n volstruisveerbaron, tref. Hendrik is getroud met Isabella Fourie, maar is verknog aan die bediende Eva Damon. Hy hou vas aan die patriargale idee dat 'n man vir sy vrou moet sorg, terwyl Eva glo dat Afrika self vir haar kinders sorg. Die Groot Volstruis gebruik die wind om oorlogswinde aan te waai, wat die volstruisveerbedryf vernietig. Tog dans die Khoi- en Sangeeste steeds in die Kangogrotte. Hendrik se nasate oorleef die Boere-oorlog, die Wereldoorloe, en Distrik Ses, en die leser volg hulle na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, waar hulle weer met mekaar en die volstruisveerera se spoke kennis maak. Teen die agtergrond van die rykdom van die volstruisveerera ontvou 'n verhaal van liefde, verraad, gierigheid, haat en vergifnis wat die karakters selfs na hulle dood vasvang, in hierdie debuutroman deur dr. Micki Pistorius, forensiese profielsamesteller.

Nákup knihy

Sorg, Micki Pistorius

Jazyk
Rok vydania
2006
product-detail.submit-box.info.binding
(mäkká),
Stav knihy
Veľmi dobrá
Cena
14,99 €

Platobné metódy

4,1
Veľmi dobrá
18 Hodnotenie

Tu nám chýba tvoja recenzia

Titul
Sorg
Podtitul
'n Roman
Jazyk
afrikánsky
Rok vydania
2006
Väzba
mäkká
Počet strán
244
ISBN10
0143025198
ISBN13
9780143025191
Série
Hodnotenie
4,1 z 5
Anotácia